top of page

ALGEMENE SINODE - VERSOENING & IDENTITEIT

Agtergrond

Hierdie taakspan is deur die Algemene Sinode Moderamen in Maart 2020 aangewys as deel van die werksaamhede van Missionale Roeping. 

Reeds in die aanvanklike beplanning van hierdie taakspan se werksaamhede het daar ‘n bewustheid ontstaan dat ons binne die NG Kerk ‘n groter kapasiteit en vaardigheid moet ontwikkel om selfkrities en sensitief rondom historiese en voortgaande rassisme te praat en te dink.

 

Ons sien die funksie van die taakspan deels daarin om fyn te luister na die voortgaande gesprek oor rassisme in die land en wêreld, en vanuit hierdie luister die breër verband by te staan om met groter integriteit aan gesprekke in ons onderskeie gemeenskappe deel te neem.

Te midde van ‘n konteks wat die verlede oorhaastig wil agterlaat, is ons oortuig dat ons (geloofs)gemeenskappe nodig het wat die NG Kerk instititioneel, en ons lidmate in hul verskeidenheid van persoonlike en professionele kapasiteite, kan konfronteer en verder help om te onderskei. Dit het te make met die wyse waarop ons ingeweef is met die geskiedenis van apartheid en voortgaande rassisme.

 

Ons wil onderskei hoe om verantwoordelikheid te neem deur om te gaan met hierdie geskiedenis ter wille van die opneem van ‘n nuwe toekoms.

In ons onderskeiding het ons reeds diep onder die indruk gekom dat ons Christelike verbeelding ons roep tot ‘n voortgaande skuldbelydenis en bekering te midde van ‘n konteks van rassisme, maar ons ook die taal gee om met hierdie skuldbelydenis besig te wees. Die teologiese beginpunt in ‘n gesprek oor rassisme in die NG Kerk moet skuldbelydenis wees, en ons taak om ‘n geloofsgemeenskap te begelei om verantwoordelik hiermee om te gaan.

.

.

.

.

KONTAK

Taakspanlede:

Louis van der Riet (sameroeper)

Marinda van Niekerk 

Anandie Greyling 

Cobus van Wyngaard

Marius Louw 

Rudi Swanepoel 

Lidia Rauch (koöpteer - Fasilitering) 

Lourens Bosman (adviserend)

Fokusareas

Die Algemene Sinode se Taakspan vir Versoening en Identiteit koördineer die drie fokusareas van die Versoen Leergemeenskap: Fasilitering, Innovasie, en Navorsing. 

.

.

bottom of page