HOE LEER ONS?
DAAR IS TANS DRIE FOKUSAREAS BINNE DIE VERSOEN LEERGEMEENSKAP:

FASILITERING
Die fasilitering van prosesse van rasversoening vereis 'n verskeidenheid van kapsiteite en vaardighede, veral omdat kontekse en geleenthede van plek tot plek verskil. Daarom het ons 'n Fasiliterings-Leergemeenskap gevorm om te leer by 'n verskeidenheid van benaderings en kundigheid.
Ons skep geleenthede om saam te leer by inisiatiewe wat reeds plaasvind. Hierdie netwerk help met voortdurende ondersteuning en vorming van mekaar. Sommige van ons het baie ervaring, en ander het nog slegs 'n belangstelling. Almal is welkom!
Die Fasiliterings-Leergemeenskap vorm 'n netwerk wat met mekaar verbind is deur 'n WhatsApp-groep, en word gekoordineer deur 'n bestuurspan o.l.v Lidia Rauch.
Streeksinodes het ook hul eie inisiatiewe (sien Wie Is Ons), bv 'witwerk' werkswinkels in Wes-Kaapland.
SLUIT HIER AAN BY DIE FASILITERING-LEERGEMEENSKAP

INNOVASIE
Ons wil graag innoverend dink oor materiaal en hulpbronne wat ons kan help om verder te leer en saam te groei. Dit sluit materiaal soos bybelstudies, liturgieë, video-opnames, en riglyne vir plaaslike byeenkomste en inisiatiewe in.
Vorige voorbeelde sluit in:
-
‘n Lydenstyd Pelgrimstog (2021)
-
‘n reeks #LeerVERSOEN video-gesprekke.
Loer gerus onder BRONNE vir ‘n lys nuttige bronne.
Om betrokke te raak by die skryf en ontwikkeling van materiaal, kontak ons:

NAVORSING
Die Navorsing-Leergemeenskap hou gereeld besprekings oor nuwe navorsing oor versoening. Hierdie ruimtes is veral vir die wat ‘n belangstelling het in teologiese navorsing oor rasversoening. Leer meer oor die agtergrond hier.
Almal is welkom.
Volg die skakel hieronder vir meer inligting oor ons volgende aanlyn geleentheid op 28 Oktober 14:00.
Sluit by die Navorsing-Leergemeenskap aan, en/of registreer vir ons volgende geleentheid: