top of page

F.W. De Klerk: Rudi en Leroy gesels.



Hoe maak ons sin van F.W. De Klerk se dood en die video wat kort daarna wyd gedeel is? Hoe raak dit ons? Watter emosies bring dit by ons op? Wat beteken dit vir die kerk? Rudi en Leroy gaan in gesprek oor hierdie vrae.

Dit is belangrik om die video van begin tot einde deur te kyk. Dit is ook belangrik om te onthou dat hierdie persone nie bedoel het om namens enigiemand of vir alle mense te praat nie. Daarom motiveer ons jou ook: met wie kan/ moet jy vandag praat? Kies dalk doelbewus iemand wat anders as jy klink, lyk, en dalk van ‘n heel ander agtergrond as jy is.

 

Dink, lees en luister verder...

Dink bietjie na oor die volgende vrae, nadat jy die video gekyk het:

  • Watter emosies roep F.W. de Klerk se dood en die publieke gesprek daaroor by jou op?

  • Wat leer jy oor jou eie identiteit en geloof wanneer jy ervarings hoor wat van joune verskil?

  • Om skuld te bely is deel van genesing en die herstel van verhoudings. Wat leer jy uit De Klerk se skuldbelydenis, en die reaksie daarop?

Hier volg enkele skakels wat individue, organisasies en kerke kan gebruik om verder na te dink oor De Klerk se dood en versoening in die geheel. Klik op een van die fotos hieronder om die link te volg:











130 views0 comments
bottom of page